Roodies wys boelies die pad

Deon Rousseau, die skoolhoof, wil graag afknouery uitwis. Foto: Adéle Bloem.

 

AfriForum se teenboelieveldtogspan het onlangs by Laerskool Roodekrans besoek afgelê, waar hulle deel was van die skool se boeliebewusmakingsweek.

“Roodies is ’n waardegedrewe skool wat daarna streef om afknouery heeltemal uit te wis en ons fokus op vyf spesifieke waardes, naamlik verantwoordelikheid, omgee vir ander, eerlikheid, integriteit en respek. Dit is ook vir ons belangrik dat ons leerders die verskil tussen afknouery en gesonde konflikhantering moet ken en verstaan. Ons het vanjaar elke kwartaal sprekers gekry om, in samewerking met AfriForum, bewustheid oor afknouery onder ons leerders en onderwysers te skep,” het Deon Rousseau, die skoolhoof, gesê.

AfriForum se teenboeliegids is ook tydens hierdie besoek aan die skool oorhandig. Foto: Verskaf.

Leandie Bräsler, AfriForum se koördineerder vir leierskapsontwikkeling het bygevoeg, “Ons wil met ons teenboeliepraatjies saam met leerders, onderwysers en ouers werk om afknouery in skole stop te sit en die betrokke partye met die kennis toe te rus om dit te doen. Tydens ons besoek het ons aan elke onderwyser ’n AfriForum-teenboeliegids gegee wat raad bevat oor afknouery. Dié gids bevat ook inligting deur Daniel Eloff, regskenner by Hurter Spies Ingelyf, ten opsigte van boeliegedrag.”

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: