Witpoortjie kleuters ry om ‘n verskil te maak

Danté Fourie gaan hierdie jaar aan sy tweede 947-kinderwedren deelneem. Foto's: Verskaf

 

Die sesjarige Cayden Fourie is nie jou alledaagse kleuter nie. Vir die laaste vier jaar gebruik hy sy fiets om die kollig op spierdistrofie te laat val.

Cayden neem aan die Telkom 947 Kiddies Cycle Race deel, waar hy as lid van die Muscle Riders sy deel doen om meer bewustheid rondom spierdistrofie, ‘n ongeneeslike siekte, te skep.

Louis Fourie, Cayden se pa, het verduidelik, “My skoonpa, Pieter Joubert, wat ook die bestuurder van die Spierdistrofievereniging van Gauteng is, is die afgelope 16 jaar in ‘n rolstoel weens hierdie siekte, en dit is waar ons betrokkenheid by die Muscle Riders begin het. Dit is ‘n saak wat ons baie na aan die hart lê.”

Cayden Fourie gaan hierdie jaar aan sy tweede 947-kinderwedren deelneem.

Hy het bygevoeg dat hy sy eerste 947-fietswedren in 2002 voltooi het, en het gesê, “Toe die Muscle Riders gestig is, het ek onder hul naam begin ry. Dit is ons manier om die Spierdistrofievereniging te probeer ondersteun en ook om ons kinders hieraan bloot te stel, sodat hulle weet waaroor dié siekte gaan.”

Maar, dit is nie net ouboet Cayden en pa Louis wat aan die fietswedren deelneem nie. Die driejarige Danté het reeds verlede jaar sy eerste wedren voltooi. “Ek het so ‘n bietjie by die seuns gaan sit en met hulle gesels om te hoor hoekom hulle juis vir hierdie saak ry en wat dit vir hulle beteken om die Musle Riders-hempies by die wedren te dra. Vir Cayden gaan dit oor die feit dat hy help om geld in te samel sodat sy oupa baie geld kan kry om rolstoele te koop, en vir Danté gaan dit eenvoudig om die siek maatjies te kan help,” het Louis vertel.

Hy het bygevoeg dat Cayden reeds baie hard aan die oefen is sodat hy beter kan ry en ook eendag goed genoeg sal kan wees om saam met sy pa te kan ry om nog meer geld te kan insamel.

Cayden, Danté en Louis Fourie, gereed vir die groot fietswedren. Foto: Verskaf

Louis het vertel dat dit hulle as ouers baie trots maak, en het gesê, “Om te sien hoe jou seuns op so ‘n jong ouderdom wil help om bewustheid vir so ‘n goeie saak te skep, is ongelooflik. Die feit dat hulle reeds op hierdie ouderdom besef dat hulle ‘n verskil in iemand se lewe kan maak, ongeag hoe groot of klein hul bydrae is, is definitief vir ons ‘n riem onder die hart.”

Hy het bygevoeg dat die seuns ook nie sommer ‘n maatjie wat dalk ‘anders’ lyk of praat, ongemaklik sal laat voel nie. “Die seuns sien nie die siekte nie, maar slegs maats saam met wie hulle kan speel. Dit is ook glad nie vir hulle ‘n struikelblok as hulle maats ontmoet wat nie kan loop nie, en hulle sal vir ure net by hulle sit en heerlik lag en gesels.”

Baie van Cayden en Danté se skoolmaats en familie word ook by hierdie wedren betrek, en vanjaar het nagenoeg 15 maats ingeskryf om saam met die Mini Muscle Riders – soos Louis hulle noem – te ry.

“Hoe meer mense ons kan bereik deur dit wat ons kinders doen om te help om meer bewusmaking rondom hierdie siekte te skep, hoe beter. Dit is hoe ons die Musle Riders se motto ‘ons ry vir dié wat nie kan nie’ uitleef en meermense bewus maak van hierdie siekte,” het Louis afgesluit.

Robert Scott, wat ook een van die Muscle Riders is, het gesê, “Die Fourie-gesin is al lank deel van die Muscle Riders-fietsryspan en hul ondersteuning beteken oneindig baie vir ons. Dit is ongelooflik om te sien hoe hierdie kinders van jongs af geleer word om nie net vir die minderbevoorregtes te sorg nie, maar ook vir mense met gestremdhede.”

Vir meer inligting, kontak Robert by 011 472 9824 of stuur ‘n epos na [email protected].

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at [email protected] (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites 

Randfontein Herald

Krugersdorp News 

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Coins amount to big donation for Claw

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
CLICK HERETo view an example of our newsletter

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: