Skolekrieket se aandreeks skop eersdaags af

Die kapteine van die 12 spanne wat aan die aandreeks gaan deelneem. Foto: Adéle Bloem

Die loting vir die jaarlikse Johannesburg-Wes Krieketaandreeks het onlangs by Laerskool Helderkruin plaasgevind.Daar is 12 skole aan die Wes-Rand wat aan hierdie kompetisie deelneem.

Tydens die loting is die spanne gekies wat in elk van die vier poele gaan meeding.

Divan Erasmus van Laerskool Horison tydens die loting. Foto’s: Adéle Bloem

Hulle is soos volg:

• Poel A – Weltevreden Park Primary School, Laerskool Roodekrans en Ridgevale Primary

• Poel B – Laerskool Florida, Laerskool Horison en Maragon Ruimsig Primary School

• Poel C – Laerskool Dr Havinga, Laerskool Randfontein en Constantia Kloof Primary School

• Poel D – Laerskool Helderkruin, Laerskool Muldersdrif en Trinityhouse School

“Die reeks skop op 6 September af, en die trofee- en plaatfinaal sal op 26 September plaasvind. Daar sal twee wedstryde per aand gespeel word, en elke kolfbeurt sal uit 15 boulbeurte bestaan,” het Eddie du Plessis, die organiseerder gesê.

Hy het bygevoeg dat elke speler wat aan die reeks deelneem, ook die kans staan om tot die Johannesburg-Wes-uitnodigingspan verkies te word om oorsee te gaan speel. “Ons het verlede jaar ‘n span na Sri Lanka gestuur, en hulle het baie goed gevaar. Uit die nege wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle ses gewen. Maar, hulle het nie nét krieket gespeel nie, en het ook die geleentheid gehad om deur die land te toer, en het baie goeie herinneringe teruggebring,” het hy gesê.

Emile Odendaal van Laerskool Roodekrans.

Verlede jaar se wenners was Laerskool Helderkruin (trofee) en Weltevreden Park Primary School (plaat).

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
“Fire took away all I had”

Thanks for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Get regular news updates sent directly to your inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites

SUBSCRIBE to our FREE newsletter

SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record

Get regular news updates sent directly to you inbox.

Your source of local breaking news and trending stories from across the country.

Be a part of our growing community

Subscribe Here
1MILFacebook Fans
98KTwitter Followers
5MILMonthly Readers
12MILArticles Published Every Month
72Local Community Websites
Your details:


Your friends: