Florrie-leerders met pretdag bederf

Aneen du Plessis en Magriet Vorster het die dag geniet.

Die leerders van Hoërskool Florida is die afgelope Vrydag met ‘n dag vol prettige aktiwiteite bederf. Dit was deel van die jaarlikse Jeug Oor Kultuur- (Jok-) fees.

Die dag is begin toe lokprente vertoon is van drie nuwe Afrikaanse films – Vaselinetjie, Vuil Wasgoed en Meerkat Maantuig – wat later vanjaar vrygestel word. Die leerders het ook die geleentheid gekry om een van dié films se akteurs te ontmoet.

Kayla Sylvester spog met haar herwinbare uitrusting wat deur Marné Badenhorst ontwerp is.

Die 22-jarige Arno Greeff, wat een van die hoofrolle in Vaselinetjie vertolk, het na die vertoning foto’s saam met die leerders geneem en handtekeninge uitgedeel.

Na ‘n kort pouse is die leerders na die feesterrein toe. Daar is hulle deur ‘n groot krat, wat gelyk het of dit met ‘n valskerm geland het, begroet.

Abigail la Manna, Laila Tladi en Thando Masilela het aan die modeparade deelgeneem. Foto’s: Adéle Bloem

Zander de Beer het 30 leerders vorentoe geroep, en elkeen het ‘n pamflet met verskeie raaisels daarop gekry. Die leerders moes die raaisels oplos, en dan die antwoorde gebruik om die slotte van die kratte oop te kry om te sien wat binne-in was.

Ancha Venter, Katryn Venter en Drijke Wessels het die dag se aktiwiteite geniet.

Glynnis Boyd van AS Marketing het vertel dat dit deel was van Clover se jongste veldtog om hul Futurelife Smart Drink bekend te stel. “Ons bied hierdie kompetisie by agt skole en twee universiteite aan, waardeur ons die leerders en studente aanmoedig om hul brein te gebruik om die kombinasie van die slotte te kry. Sodra hulle die slotte oop het, word hul elkeen met een van hierdie nuwe drankies beloon. Die skool wie se leerders die krat die vinnigste kon oopkry, sal ‘n elektroniese telbord wen,” het sy gesê.

Die dag se aktiwiteite is met die Florrie-July en ‘n modeparade afgesluit. Die leerders van Graad 8 tot 12, het twee-twee aan die wedrenne oor 80 meter deelgeneem. Een was die joggie en die ander een die perd. Die onderwysers het ook deelgeneem, en die span bestaande uit die skoolhoof, Julius Katzke en onderwyser Landru Ehlers, het die leerders op hul voete gehad met hul oorwinning.

Tydens die modeparade het die onderwysers ook met hul deftigste July-uitrustings gespog. Onderwysers Danré van der Spuy en Gerhard Koekemoer het onder groot toejuiging van die gehoor – hoofsaaklik vroue – hul kans waargeneem om hul spiere te bult.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Suicide game hits Roodepoort