Florrie-skeidsregters presteer

Matt Snyman (links) en Michael Henn tydens die rugby opname in die Kaap. Foto's: Verskaf

Twee van Laerskool Florida se onderwysers het onlangs die kans gekry om hul vernuf as rugbyskeidsregters ten toon te stel.

Matt Snyman en Michael Henn is as skeidsregters vir die nuwe kykNET-televisiereeks,Rugbyramme, aangewys. Die program sal gedurende Desember uitgesaai word.

“Die reeks behels ‘n landswye kompetisie waaraan skoolrugbyspanne kan deelneem. Die wenners van die kompetisie sal die kans kry om aan die finaal, wat op 30 September in Pretoria plaasvind, deel te neem,” het Matt gesê.

Die twee Florrie-personeellede sal regoor die land as skeidsregters optree. “Ons het alreeds wedstryde in Hartswater, Noord-Kaap en Somerset-Wes in die Wes-Kaap behartig, en gaan nog wedstryde in Kempton Park en Rustenburg blaas. Dit is ‘n baie groot prestasie om op nasionale vlak as skeidsregter verkies te word,” het hy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Ten-year-old critical after being knocked over