Bersies vir Bethany House

Die verskillende kombersie wat uit die gebreide blokkies opgetower is. Foto's: Verskaf

“Die gemeente het besluit om komberse te brei, aangesien ‘n kombers warmte en vertroosting versinnebeeld,” het Miranda Deutschlander van die NG Kerk Wilgespruit gesê.

Die gemeente se diensspan, Vibranth Faith, het hierdie jaar die 3B-projek – Brei ‘n Blokkie vir ‘n Bersie – geloods. “Die doel van hierdie projek was om kruisgenerasie-samewerking tussen die jeug en bejaardes te bevorder, hoofsaaklik om vir die jeug te wys dat hulle tog iets by hul oumas kan leer, soos om te brei en te hekel,” het Miranda gesê.

Leigh-Anne Steffens (Bethany House Trust) neem die komberse in ontvangs.

Die projek het die gemeente se vroue geïnspireer en hulle het gou-gou ingespring en blokkies begin brei, terwyl die jeug ook in die proses touwys gemaak is. “Ons het byna 2 000 gebreide en gehekelde blokkies ingesamel, en uit hierdie mosaïek van verskillende kleure en groottes is unieke komberse opgetower,” het sy opgewonde gesê.

Die diensspan het besluit om hierdie unieke komberse aan die Bethany House in Krugersdorp te skenk en die eerste 23 komberse is op 9 Junie deur Leigh-Anne Steffens en Janet Davidson van Bethany House in ontvangs geneem.

“Elke kombers verteenwoordig ‘n eie storie en elke blokkie is met liefde gebrei,” het Miranda afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na [email protected] (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Recommended Story x
Roodies se netbalsterre