Roodies sê nee vir boelies

Kijanke Janse van Vuuren, Leandie Lombaard (ANI) en Marko Cronjé was daar toe die veldtog geloods is. Foto: Verskaf

Laerskool Roodekrans het onlangs hul Boelieweek by die skool aangebied om leerders van die gevolge van afknouery bewus te maak.

Die skool het ook besoek van die burgerregte-organisasie, AfriForum ontvang, waartydens hul veldtog teen boelies geloods is. “Dié projek dien as bewusmaking van afknouery in skole en sluit inligtingsessies met kinders, onderwysers asook ouers in,” het Leandie Lombaard, navorser by die AfriForum Navorsingsinstituut gesê.

Leandie het bygevoeg dat dit vir AfriForum baie belangrik is om saam met ouers, kinders en onderwysers te werk om ‘n verskil te maak en afknouery in skole hok te slaan. AfriForum het ‘n praatjie tydens saalopening kom aanbied, en die leerders het nie net goeie raad gekry oor hoe om boelies te hanteer nie, hulle het ook meer van die Wapenrusting van God geleer.

Die ouers is ook genooi en die hoof, Deon Rousseau het gesê, “Dankie aan elke ouer wat vanaand teenwoordig was by die praatjie wat Jacques Gombault oor boelies gelewer het.

Die pitkos waarmee ons toegerus is, sal ons vir seker help om ons kinders toe te rus om probleme, moeilike omstandighede en konflik te hanteer.”

Deon het gesê dat hulle baie dankbaar teenoor AfriForum is dat hulle hierdie bewusmakingsprojek by die skool kom aanbied het. “Omdat ons ‘n waardegedrewe skool is wat daarna streef om waardes soos eerlikheid, omgee vir ander, verantwoordelikheid, integriteit en respek uit te leef, glo ons dat boelies in skole uitgeroei moet word,” het hy afgesluit.

Sou jou kind se skool daarin belangstel om deel te wees van hierdie veldtog, stuur ‘n epos na boelie@afriforum.co.za.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons FacebookTwitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Crime prevention check list for businesses

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

to our FREE newsletter
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other