Die speke sing tydens kompetisie

Shaun Botha het 'n algehele 10de plek behaal. Foto: Verskaf

“Die driedagwedren was ‘n uitdaging vir my en by tye baie moeilik, maar ek sal dit definitief weer doen,” het Shaun Botha gesê.

Hy is ‘n Graad 11-leerder van Hoërskool Bastion, en het onlangs aan die Liberty Waterberg-driedagwedren deelgeneem, waar hy en sy spanmaat, Johan Claassen ‘n algehele 10e plek behaal het. “Dit was die eerste keer dat ek as deel van ‘n span deelgeneem het en ek is baie bly dat ons sulke goeie resultate gekry het,” het hy met ‘n breë glimlag vertel.

Hy het in die laerskool begin fietsry en die eerste kompetisie waaraan hy deelgeneem het, was die Spur-skolereeks. Namate sy vertroue gegroei het, het groter kompetisies sy aandag begin trek. Hy het onder andere aan die USN-, Nissan Trailseeker-, Silverstar Mountain Biking- en ook die Magalies Monster-kompetisie deelgeneem.

Ander prestasies wat hy al behaal het, sluit in:

• Nissan TrailSeeker Gauteng (halfmarathon) tweede plek

• Bestmed Berge en Dale (40km) vyfde plek

• USN MTB Cup #1 (30km) vierde plek

• Nissan Trailseeker GP #5 (halfmarathon) 13de plek

• 947 MTB Challenge (55km) 138ste plek

• Land Rover Menlyn Trailseeker (40 km ride) vierde plek

• Silverstar MTB Challenge (40km) 14de plek

• Nissan Trailseeker GP #3 (halfmarathon) 24ste plek

• Land Rover Menlyn Trailseeker (40 KM Ride) tweede plek

“Hartlik geluk met hierdie prestasies, Shaun! Ons is opgewonde om te sien hoe hierdie passie van jou, jou tot hoër hoogtes sal neem,” het Monique Naudé, die skool se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

randfontein_2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetit Autodealer.co.za
Top
Next Story x
Elderly woman missing

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other