Florrie-langasems presteer

Die wedloop begin!

Hoërskool Florida se langasem-landloopatlete het onlangs aan hul eerste byeenkoms vanjaar by die Universiteit van Pretoria deelgeneem, en hul goed van hul taak gekwyt.

Mia Groenewald was deel van die junior meisiespan wat deelgeneem het.

Alhoewel die landloopseisoen eers in die derde kwartaal amptelik afskop, het hulle dié geleentheid as voorbereiding gebruik. Al was die kompetisie baie straf, met heelwat Suid-Afrikaanse atlete wat ook deelgeneem het, het die Florrie-atlete tot die einde vasgebyt.

Die Florrie-atlete het goed gevaar. Fotos: Facebook

Die skool het 29 atlete – juniors en seniors – na die byeenkoms toe gestuur wat bestaan het uit drie 1,3km-wedlope vir onderskeidelik junior en senior seuns en meisies, asook ‘n afloswedloop van 1,6km per rondte. Die senior Florrie-seuns het uitstekend in die aflos gevaar en ‘n agtste plek – uit 13 skole – behaal.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adele Bloem
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

randfontein_2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Lantern-atlete se prestasies vir die rekordboeke