Lag deur al die swaarkry

Johan en Martie ondersteun mekaar en glo dat lag baie negatiwiteit kan verdryf. Foto: Roelien Vorster.

Hoewel die tweeslaapkamer-woonstel karig gemeubileer is, is daar nie ‘n tekort aan liefde en respek nie.

Johan* en Martie* (hulle wil anoniem bly om die identiteit van hul skoolgaande kinders te beskerm) is die eerste gesin wat by die Record se Food Drive baat vind. Met die intrapslag is dit duidelik dat hul liefde vir mekaar en hul drie kinders nie tekortskiet nie.

Lees ook: Food drive in full swing

Finansieel gaan dit baie swaar en die egpaar het reeds die meeste van hul meubels en juwele verkoop om kop bo water te hou. Vir aandete was daar net rys, maar dis met liefde gemaak en dit het die hongerpyne gestil.

‘n Gedeelte van die sitkamer is in ‘n slaapkamer vir die twee seuns omskep terwyl hul dogter haar eie slaapkamer het. “Ek sien nog nie kans om die kinders se goed te verpand nie,” het Johan gesê.

Volgens Johan het hulle probleme ongeveer vier jaar gelede begin. “Ek het by ‘n gevestigde maatskappy in Chamdor gewerk. Ons het goedere in- en uitgevoer. So vier jaar gelede het die maatskappy na Industria verhuis maar die een eienaar het die plek bankrot besteel. Die persoon het in ‘n verband met ‘n swewende koers belê en miljoene rande is uit die land uit. Daar het ons kaarthuis inmekaar geval. Ons het een oggend by die werk gekom en ons is meegedeel dat ons nie salarisse gaan kry nie. Ongeveer 7 000 personeellede het eise teen die maatskappy ingestel en net ‘n gedeelte van die geld is uitbetaal. Tussen jou en bankrotskap is daar net drie maande.”

Lees ook: Food Drive received a boost

Johan het vertel hoe hulle alles en nog wat gedoen het om kos op die tafel te sit – van vragmotor bestuur tot mense se huis uitverf – maar hulle word per dag betaal. “As daar nie werk was nie, het ons nie geëet nie.”

Dis nie maklik om op 50-jarige ouderdom werk te kry nie en die feit dat hulle op die swartlys geplaas is, bemoeilik sake verder. “Ek werk tans as ‘n geboubestuurder in die middestad en kry slegs R5 500 per maand. Ons huur alleen is R4 650. Dan moet ek nog R560 busgeld en water en ligte betaal. Al wat ek wil doen, is om vir my gesin te sorg. Ek is nie bang vir werk nie,” het Johan gesê.

Martie het, weens omstandighede, nooit haar matriekjaar voltooi nie en het ook haar werk in Desember verlede jaar verloor. “Ek het reeds drie vakke vir my matriek geslaag maar het nie meer geld om die ander drie vakke te voltooi nie,” het sy verduidelik.

Sy stap daagliks na die Florida Biblioteek toe om werk op die internet te soek en haar CV uit te stuur. “Ek is reeds op ‘n klomp webwerwe geregistreer en het ook al vir ‘n paar onderhoude gegaan, maar niks het nog vrugte afgewerp nie. Party plekke wil ‘n gefakste CV hê maar dit kos geld om dit so te stuur. Ek is nie dom nie, ek leer maklik en kan enige administratiewe werk doen, maar omdat ek nie ‘n matrieksertifikaat het nie, sukkel ek geweldig om werk te kry,” het Martie gesê.

Hul aandetes bestaan gewoonlik uit rys of mieliepap. “Die brood hou ek vir die kinders vir skool,” het Martie gesê. “As daar geld is, koop ek hoenderlewertjies en soms aartappels. Ek kook op gas om elektrisiteit te bespaar, en die kinders weet dat daar nie gemors kan word nie.”

Die egpaar se motto is dat die gesin nooit opgebreek sal word nie. “Hulle weet as dit swaar gaan, hoewel ons hulle nie alles vertel nie. Maar ons kry saam swaar en saam lekker as dit beter gaan.”

Johan se ma, wat slegs ‘n staatspensioen kry, help hulle ook soms, maar haar geld is net so min. “Ons het wel ‘n karretjie wat stukkend is waaraan ons verbete klou. Ek kan nie die motor verkoop nie want dit gaan goedkoper wees om dit te herstel as om later weer een aan te skaf. Ons het klere, maar die winter klop reeds aan die deur,” het Martie vertel.

Intussen, het Johan gesê, probeer hulle nog saam lag, want dit verdryf die negatiwiteit wat hulle tans ervaar.

Die Record kon, met die hulp van die gemeenskap, genoeg niebederfbare kos aan die gesin skenk sodat hulle hul nie oor hul volgende maaltyd hoef te bekommer nie.

Enige iemand wat warm klere en komberse vir die gesin kan skenk, word gevra om Roelien Vorster by 011 955 1130 te skakel.

*Skuilname

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

randfontein_2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetit Autodealer.co.za
Top
Recommended Story x
National Wine Day

Thanx for your referral. We have no doubt your friends will love our newsletter as much as you!

Don't forget to verify your email.

SUBSCRIBE
to our free NEWSLETTER
!
SUBSCRIBE to our FREE newsletter.




SELECT your titles:

Krugersdorp News
Randfontein Herald
Roodepoort Record


Your details:


Your friends:

I didn't sign up for this
I'd like to see and read more... (Please indicate in comments section below)
I'm relocating (Please indicate where to)
Other