Florries ontvang besoek uit Australië

Brenda Foster (links) saam met Elna Botha van Hoërskool Florida. Foto: Verskaf

Die leerders van Hoërskool Florida het onlangs besoek van een van Australië se beste senior tennisspelers ontvang.

Brenda Foster was deel van die Australiese span wat aan die onlangse Senior Wêreldtenniskampioenskappe in Kaapstad deelgeneem het. Sy het die skool besoek voordat sy Kaapstad toe is.

Brenda en een van die Florrie-onderwysers, Elna Botha, wat ook ‘n SA-tennisspeler is, het in 2012 bevriend geraak. “Ons het aan die Wêreldkampioenskappe in San Diego in die VSA deelgeneem en teen mekaar gespeel. Dit is waar ons vriendskap begin het. Van daar af het ons saam deur die wêreld getoer en het Wimbledon, Europa, Turkye, Finland en Estonia besoek,” het Elna vertel.

Lees ook: Florries se modelle skitter

Brenda het aan die Franse Ope, Wimbledon, die Sweedse Ope sowel as verskeie toernooie van die Wêreldtennisvereniging in Ierland en Europa deelgeneem. Sy het 13 Australiese enkels-, dubbels- en gemengdedubbels-titels, en vier dubbelswêreldtitels gewen. In die afgelope 10 jaar het sy ook reeds ses spanwêreldtitels ingepalm.

Brenda het die volgende boodskap aan die Florrie-leerders gegee, “Daar is drie belangrike dinge in die lewe. Die eerste een is iemand om lief te hê, die tweede is iets om te doen en die derde is iets om na uit te sien”.

“Ons voel geërd en bevoorreg dat ons hierdie groot sportpersoonlikheid kon ontmoet en ons hoop dat sy haar besoek aan ons skool terdeë geniet het. Mag sy net goeie herinneringe van haar Suid-Afrikaanse besoek terugneem. Ons beste wense vergesel haar,” het Morné Hanekom, die skool se skakelbeampte gesê.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes

Randfontein Herald

Krugersdorp News

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adéle Bloem
Journalist

Latest News

COMMENTS

Top
Next Story x
Kwaito star Brickz’ sentencing has been postponed