Roodies vereer by Distrik-prysuitdeling

Die sertifikaat wat aan die skool oorhandig is. Foto: Adéle Bloem

Hoërskool Roodepoort is onlangs deur die Distrik vereer vir hul uitmuntende 2016-matriekuitslae.

Johan van Jaarsveldt, skoolhoof van Hoërskool Roodepoort met die toekenning wat die skool ontvang het. Foto: Verskaf.

Tydens die D12 Johannesburg-Wes prysuitdeling is die skool as die Top Town School 2016 aangewys. Drie van die onderwysers is ook as Top Teachers in hul vakgebiede aangewys. Hulle is:

– Elma Grobler (gesamentlike wenner vir Wiskunde)

– Heidi Casarotto (wenner vir Verbruikerstudie)

– Andreas Spies (wenner vir Meganiese Tegnologie)

Dit was nie net die onderwysers wat uitsonderlik presteer het nie. Shaun Judge is een van 13 leerders in Gauteng wat ‘n onderskeiding in Meganiese Tegnologie behaal het. Met die prestasie is Hoërskool Roodepoort negende op die lys van alle skole in Gauteng wat hierdie spesifieke vak aanbied.

Johan van Jaarsveldt, die skoolhoof het gesê dat hy ongelooflik trots is om hierdie toekenning te kon ontvang. “Ons het laas in 2007 ‘n 100 persent-slaagsyfer gehad en om dit verlede jaar te kon regkry was vir ons skool ‘n groot prestasie. Dit is altyd ‘n uitdaging vir onderwysers om al die leerders in Graad 12 te help slaag. Sonder die voortdurende ondersteuning, motivering en betrokkenheid van onderwysers en ouers sou ons dit nooit kon regkry nie,” het hy gesê.

Dit was die eerste jaar dat Meganiese Tegnologie by die skool aangebied is, en om in so ‘n kort tydperk hierdie tipe resultate te kry, is vir Johan baie spesiaal. “Baie geluk aan elkeen wat ‘n toekenning ontvang het. Vir elkeen van ons ander puik Roodie-onderwysers asook -leerders, hartlik dankie vir al jul harde werk. Ons is baie trots op julle,” het hy afgesluit.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na roodepoortrecord@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Randfontein Herald,  Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

  AUTHOR
Adele Bloem
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

randfontein_2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Recommended Story
Roodies se top atlete blink uit by SA’s