Florries gee om vir die gemeenskap

Die graadeentjies van Laerskool Claremont saam met skoolhoof Daan Marx, Bianca Allen (voor Daan), Mev De Beer, Chanté Allen (langs mev De Beer) en Jaundré de Beer. Foto: Verskaf

Die stralende gesiggies en breë glimlagte van die graadeentjies toe hulle hul nuwe skryfbehoeftes ontvang het, het boekdele gespreek.

Laerskool Claremont is deur die Graad 11-leerders van Hoërskool Florida geïdentifiseer om deel te wees van hul eerste gemeenskapsprojek vir die jaar.

Die onderwysers het die leerders aangemoedig om in hierdie belangrike jaar van hul skoolloopbaan by hul gemeenskap betrokke te raak en te wys hulle gee om.

Die Allen-tweeling, Bianca en Chanté het nie gras onder hul voete laat groei nie en sommer dadelik aan die werk gespring. Hulle het die personeel van PNA Flora-winkelsentrum gevra om van die skryfbehoeftes vir die graadeentjies te borg.

Dit was ‘n groot okkasie toe Bianca en Chanté, saam met een van hulle klasmaats – Juandré de Beer – die skool besoek het om die oorhandiging te doen. Die skryfbehoeftes is in ‘n stampvol skoolsaal aan die hoof, Daan Marx oorhandig, en hy het hulle hartlik vir hul bydrae bedank.

Volgens Bianca en Chanté is hierdie die eerste van vele projekte vir hierdie jaar, en is hulle reeds besig met die beplanning van hul volgende projek. Dié projek, genaamd Abaghta, sal kleuterskole in die omgewing vra om te help met die insameling van bababenodigdhede, wat dan aan ‘n instansie vir hawelose babas geskenk sal word.

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at roodepoortrecord@caxton.co.za (remember to include your contact details) or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister newspaper websites Randfontein HeraldKrugersdorp News and Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

  AUTHOR
Adele Bloem
Journalist

find your
dream home

looking for an
affordable
apartment

List your Property

It's easy in only three
simple steps...

find professional
services in
your area

Locate a business
operating in
your area

List your Business

Want more customers? They're online right now, searching for businesses like yours. Place your ad now...

Latest News

COMMENTS

randfontein_2014_smallkrugersdorpnews_2014_smallgetitlooklocal.co.zaAutodealer.co.za
Top
Next Story
Long grass cause for concern